Samespraak

Digitale sentrum vir Afrikaanse en Nederlandse letterkunde

Samespraak bring navorsers, studente, skrywers en belangstellende lesers bymekaar deur seminare, publikasies, skrywersresidensies en gesprekke.

photo-1489533119213-66a5cd877091.jpg

Sluit aan by Samespraak

Is jy ’n akademikus wat belangstel in die vergelyking van Afrikaanse en Nederlandse letterkunde? Word deel van die Samespraak-gemeenskap: voltooi die vorm hieronder en stuur dit aan die bestuur.

Untitled design (72).jpg

Opkomende seminare / Aankomende seminars

Die studiejaar skop op Dinsdag, 23 September 2025 af met ’n virtuele openingsgeleentheid waarin die nuwe skrywers-in-residensie bekendgestel word. Vir die 2025–2026-program verwelkom ons Simone Atangana Bekono en Veronique Jephtas. Hierdie residensies vorm deel van Samespraak, ’n intertalige en interdissiplinêre aanlyn forum wat fokus op die vergelykende studie van Afrikaanse en Nederlandse taal- en letterkunde, sowel as op wisselwerking tussen tale in Suider-Afrika.


Kontak Samespraak

Het jy ’n navraag? Stuur ’n e-pos en een van ons bestuurslede sal so gou moontlik kontak maak.

E-posadres
samespraak@gmail.com