Carina van der Walt. Inferno op Haïti
Inferno op Haïti
die klimaat kan gaan slaap
die hel bars los in in die hoofstad
dik verset van mens teen mens
witwarm woede oë spoeg vuur
bendegeweld perk beweging &
vryheid van eilanders in – pryse
styg – dakloos hopeloos op Haïti
geen bos brand nie ’n kultuurbrand woed
mense bid in wit ’n dokter eis soldate
13 gelynched & aan die brand gesteek
bendes daag polisie uit & andersom
kapmesse klippe blote hande
lyke agter brandende bande
volgens die pous het God geen sê in Port-au-Prince nie
Carina van der Walt
Carina van der Walt is kunsjoernalis en poësieredakteur vir Brabant Cultureel. In 2015 debuteer sy in Nederland met die tweetalige digbundel Amalgaam saam met Willy Martin – ’n bundel wat syself beskou as die DNA van al haar verdere skryfwerk. In 2020 volg Stilspraak (’n Afrikaanstalige monografie oor Strijdom van der Merwe en sy landkuns) en snel daarna volg haar debuut in Suid-Afrika met Landluisteraar. Lees meer oor Carina van der Walt op https://www.carinavanderwalt.com/.