Corné Koegelenberg. Ek is nie ‘n digter nie

Ek is nie n Digter nie

Vir jou sal ek op ‘n Dinsdagaand Spur toe vat,
as die burgers volprys kos.
Vir jou sal ek ophou brandewyn drink en sigarette klap,
ek sal selfs begin te flos.

Jy maak my fancy woorde wil gebruik,
soos deurslaggewend of allerliefs,
en al is ek nou nie ‘n digter nie,
bou daai woorde iets konstruktief.

My boekie is vol van jou.
Lyne en lyne gedagtes en idees.
Dis asof ek jou op die bladsy probeer vashou,
sodat ek jou vir altyd kan lees.

Iemand anders sal seker nog ‘n duisend ander maniere vind
om te sê ek hou van jou, maar vir dit is ek te dom.
Eintlik wil ek dit net reguit vir jou sê, netso print,
want dan weet jy, van wie dit kom.

Corné Koegelenberg

Corné Koegelenberg (34) het in die Klein Karoo grootgeraak in ’n huis sonder ’n swembad. Sy liefde vir stories het hom in die rigting van film gestuur, en is tans ’n voltydse skrywer en regisseur van Afrikaanse springmielie-flieks. Hy is ook besig om ’n groot droom om ’n graad te kry uit te leef en is ’n eerstejaar BA Kreatiewe Skryfkuns student by UNISA.


Previous
Previous

Omotola Adeyelure. Tongue Rebirth

Next
Next

Andrew van Huyssteen. The Goat Pen